|
.
Met
die konstante vooruitgang van tegnologie en die makliker toegang tot die virtuele omgewing
het die opwinding om sleutelwoorde soos "nuwemedia", "IT",
"aanlyn" en "e-", feitlik 'n versadigingspunt in Suid-Afrika bereik.
Die aard van kommersiële handel is besig om radikaal te verander, nie slegs met
internet-inkopies en bankdienste nie, maar ook deur die multi-biljoen dollar industrie wat
die grense van dit waartoe tegnologie in staat is, verskuif. Die ontwikkeling van nuwe
tegnologie stagneer nie maar produkte verouder sodra, of nog selfs voordat hulle bemark
is. 'n Beter of nuwer plaasvervanger is altyd reeds op die rakke. Hoewel hierdie 'n
opwindende situasie met baie potensiaal is, word dit problematies wanneer dit 'n skeuring
veroorsaak tussen diegene wat deel het daaraan en diegene wat sukkel om aan te pas.
Finansiële implikasies, kennis van die tegnologie en blootstelling aan die gebruike
daarvan, veroorsaak hierdie verskille. Wanneer ons in Suid Afrika van rekenaars praat weet
die meeste mense nie eens waar om die masjien aan te skakel nie, om nie eens te praat van
die interaksie met die masjien nie. Hoewel ons plaaslik gekonfronteer word met probleme
soos toegang en tegnofobia, bestaan daar in sekere dele van die samelewing - besighede,
opvoedkundige instansies en in huise - snel ontwikkelende gebruike vir rekenaars. Daar
bestaan ook 'n ontwikkelende infrastruktuur van navorsing en ontwikkeling wat nie
geïgnoreer kan word nie. Hierdie vooruitgang ontwikkel nie slegs 'n digitale
infrastruktuur nie maar skep ook gebruikers en tevrede leweransiers. Dit skep tegelykertyd
'n tegnologiese bewustheid en bekendheid met die virtuele wêreld en sy refleksies.
Inligting is beskikbaar en kan maklik versprei word, dit stel mens in staat om 'n mening
uit te spreek, navorsing te doen en op die internet met kenners te debateer. Kommunikasie
oor lang afstande wissel van teksboodskappe op 'n selfoon tot lewende konferensies met
video en klank. Om 'n vreemde land te verken kan passief op verskeie televisie kanale
gedoen word of kan interaktief in 'n virtuele omgewing gebeur. Hierdie digitale kultuur
het tot so 'n mate ontwikkel dat ons nou eers begin het om dit te verken.
Belangstelling in nuwe tegnologie stimuleer kunstenaars om hierdie digitale kultuur en sy
moontlikhede te verken. Aan die een kant voorsien die gebruik van nuwe tegnologie 'n nuwe
mark. Die oordrewe belangstelling in nuwemedia wat tans in Suid-Afrika gevoel word wakker
'n belangstelling aan by die toeskouer wat hierdie kunswerke besigtig. Die gebruik van
tegnologie dra ook by tot 'n toeskouer wat nie noodwendig in kuns belangstel nie. Hierdie
gehoor kan gevind word in die koöperatiewe, reklame en ontwikkelingsfere. Hierdeur word
die potensiële ondersteuning en produksie van die kunste uitgebou. Van meer belang vir
die kunstenaar is die feit dat die rekenaar as 'n medium 'n voortsetting van konsepte en
idees word. Dit het internasionaal, hoofsaaklik in eerste wêreld lande, aanleiding gegee
tot 'n kulturele digitale kultuur wat in 'n veelvuldigheid van werke manifesteer word van
interaktiewe installasies tot internet projekte en kunswerke op die laserskyf. Deur die
maak van spesifieke nuwemedia werke het die begrip van die kunsvoorwerp verander. So is
kunswerke wat op die web gemaak is byvoorbeeld spesifiek in beide produksie en beskouing
en is dikwels sosiale projekte wat bydrae en interaktiwiteit vereis en slegs bestaan in
die publieke, abstrakte ruimte van die web. In hulle eksperimentering met nuwe media bekom
lokale kunstenaars nuwe tegnologiese vaardighede of werk met kenners saam in nuwemedia
produksies. Die plaaslike kunswêreld het nog nie by internasionale ontwikkelings aangepas
nie en hierdie eksperimentering vereis om ondersteun en bevorder te word om groei en debat
te verseker. Die aanbieding van die kunswerke wat die resultaat is van hierdie
eksperimentering stel die oordrag van die een medium na die ander voor, die meer
tradisionele vorm teenoor die nuwe.
Om na werke, wat van nuwemedia gebruik maak te kyk, vereis ook 'n alternatiewe benadering.
Die werke begin deur 'n nuwe taal en estetiese kwaliteit te gebruik en beskouing vereis
dikwels interaksie. Die meerderheid van die kunsgehore in Suid-Afrika is nog nie
blootgestel aan sulke vereistes om kuns te besigtig nie en sal dus 'n inleiding tot sulke
werke vra.
'n Oplossing tot die probleem is om die oorgang van die kunstenaar se ingreep te
illustreer deur die werk van dieselfde kunstenaar, maar in verskillende media uitgevoer,
ten toon te stel. Die een werk maak gebruik van 'n digitale formaat en die ander een van
die meer tradisionele media en skep so verhoudings tussen die kunstenaars se werk wat met
of sonder tegnologie uitgevoer is, aan en af van die skerm - skakel
an/aff.
Marcus Neustetter
Kurator
2001
Uitstalling webwerf: http://go.to/switchonoff
contact
details
. |






index/introduction
contents
information
exhibition/festival
exhibition
opening
discussion
KKNK
Oudtshoorn
artists/works
Norman Catherine
Mark Edwards
Abrie Fourie
Tracy Gander
Brad Hammond
Stephen Hobbs
Kim Lieberman
Stefanus Rademeyer
Robin Rhode
sponsors/supporters
acknowledgements
followup/retrospective
visuals
response
contact details
|
|
.
With
technology constantly improving and access to the virtual environment becoming easier, the
hype around buzzwords such as "new media", "IT", "online",
"e -", has been used almost to saturation in South Africa. The face of commerce
is changing completely, not only with online shopping and banking, but also through the
multi-billion dollar industry pushing boundaries of what technology can do. Developments
of new technologies do not stagnate, but products become outdated as soon as, or even
before they hit the market, a better replacement or newer version is always just around
the corner. While this is an exciting situation with much potential, it is also
problematic in that it creates a rift between those that are part of it and those that
cannot adapt. These differences are dictated by financial implications, knowledge of the
technology and exposure to its uses. Specifically in South Africa when it comes to
computers, many people do not even know where to turn the machine on, let alone interact
with it. While locally we are confronted with these issues of access and technophobia,
there is also in certain parts of the population a rapidly expanding use of computers in
businesses, educational institutions and in homes. There is also a growing infrastructure
of research and development that cannot be ignored. These developments not only cater for
the need of a digital infrastructure determined by the expansion of business, but also
creates users and content providers. They in turn create a technology driven consciousness
and familiarity with the virtual world and its reflections. Information is readily
available and is easily disseminated allowing one to publish an opinion, or research and
debate with experts online. Long distance communication varies from text messages on a
cell phone to live conferencing with video and sound. Exploring a foreign country can be
done passively on a variety of television channels or interactively in a virtual
environment. This has developed to such an extent that a digital culture, of which we are
currently only exploring the first steps, has emerged.
Interest in new technology is stimulating artists to explore this digital culture and its
possibilities. On the one hand, the use of new technology caters for a whole new audience.
The hype around new media that is currently flooding South Africa contributes to the
curiosity of the audience when it comes to viewing such artworks. The use of technology
also carries with it a large community in the corporate, advertising and development
fields, thereby expanding both the potential support and production of the arts. Even more
importantly to the artist the computer as a medium becomes an interesting extension of his
or her ideas and concepts. Internationally, mainly in first world countries, this has
resulted in creative digital culture manifesting itself in a multiplicity of works that
range from interactive installations to online projects and CD ROM artworks. By producing
new media specific works the conventional understanding of the art object has shifted. So
for example web artworks, which are works of art that are web specific in both their
production and viewing, are often social projects that require contribution and
interactivity and only exist in the public, abstract space of the web. In their
explorations local artists are experimenting with new media by acquiring new technological
skills or collaborating with experts in new media production. In the local art scene,
which has not yet adapted international developments in digital culture, these experiments
need to be supported and promoted in order to allow for growth and discourse. By
presenting the artworks that are the result of this phase of experimentation one starts to
introduce the translation from the one medium to the other, the more traditional form to
the new.
Viewing works of new technology also requires an alternative approach. Works start to use
different languages and aesthetic qualities and viewing often requires interaction. The
majority of the art audience in South Africa has not been exposed to such conditions of
viewing and therefore many will require an entry point to such works.
One solution is to illustrate the transition of artists' creative interventions by showing
works by the same artist, related in subject matter, but realised in different media. One
work is realised in digital format and the other in one of the more traditional media,
creating relationships between artists' works made with or without technology, on or off
the screen - switch on/off.
Marcus Neustetter
Curator
2001
Exhibition website: http://go.to/switchonoff
contact
details
. |